Thursday 26 January 2012

Die Apie onder die tafel in Edgars

Nou die dag stap ek daar in Bayside mall opsoek na 'n lekker ou swembroekkie vir my kind..
Nee regtig vir my kind, nie hos ma se kinnes nie.
Ek vra toe vir so ou sales assistant wat daar aan die een kant staan en grawe vir goud. "Hi, het jy iets gevind of kan jy dalk vir my se waar die afdeling vir kinder swembroeke is?"
Sy mompel toe so daar iets onderdeur wat vir my geklink het dat sy net 'n security is en nie weet waar die goed in die winkel is nie.
Vir wat het sy dan die verkeerde uniform aan? Sy lyk soos sale staff.
Ek stap toe maar rond en gaan kyk daar by die vroue goed, want dis seker waar die kinder swembroekke kan wees, as dit nerens anders is nie.
Hier stap ek toe so mooi verby 'n tafel toe iets my hier aan die broeknaat trek. Ek skrik toe eers en to kykek om en af, tot my skok was dit toe 'n apie onder die tafel ,in Edgars.
Ek het so 'n ou fototjie hieronder vir julle van die dingetjie. So soet, lyk my die security hou hom seker maar company.
En by the looks voer hy hom ook seker, moet net nie vra wat nie.

No comments: