Tuesday 24 January 2012

Spelling in di nuwe souf aphrika

Hierdie topic handel nie net oor die disleksiese en illiterate graat 7 kanidate in vandag se hoorskole nie. Maar ook die konstante frustration wat die “ou mense” (almal bo 16) het wanneer dit kom by komminikasie met hierdie jong klomp. Waarvan praat ek? Dis dood eenvoudig.

Spelling Speling spel…SPL

Laat ek begin aan die begin…My hele skool loopbaan is ek geshort-change met punte in skrif en spelling. ‘n Half punt hier en ‘n half punt daar. Jong aan die einde van ‘n opstel het ek altyd meer rooi lyne as woorde op my bladsy gehad . Dit was al amper so erg dat ek seker was hulle moes op ‘n punt kom waar hulle net MOES ophou tel het, anders het ek punte vir hulle begin geskuld. Iets soos minus 50 uit 300.

Ek het ongelukkig baie laat in my skool loopbaan agtergekom dat hoe minder ek skryf, hoe meer punte kry ek so, daar het jy dit.

Bislekseis disleksies …

Vandag is alles gelink aan die nuutste tegnologie om almal te help om alles wat hulle aanpak te help om dit korrek te doen. Van die kleinste ding tot die grootste woorde, solank as wat dit in die English is.
Ek dink dit is waar ek net eenvoudig besluit het dat “SPELLING IS VIR DIE WAT OMGEE”. Spelling is al lank al nie meer belangrik nie, met al hierdie spellcheck wat amper elke word kan voltooi nog voor jy dit klaar getik het. (Predictive text) jaja, ek is nog nie so oud nie, maar try julle bietjie in die moedertaal tik.

Verder het ek ook besluit dat as ‘n Xhosa sprekende LP nie engels kan spel nie, hoekom hoef ek? So f** dit. Ek dink in elk geval dit se niks van wat jy kan doen in die lewe nie. As ek op ‘n eiland sit ,help dit net mooi niks wie kan spel of nie, net wie kan vuur maak en wie is mooi, want hulle sal die langste op die eiland bly.

Nou hier is waar die lewe interesant raak, waar die wat nie kan spel nie voordeel trek. Wie van julle val ook bietjie uit die bus as julle nie UTD is met die acronyms nie?
En dit stop nie by ASAP of BFF nie, nee, ek praat van as jy ‘n sms ontvang van iemand en dis net AFAIK IMHO ROTFL @TEOTD BDBI5M


Die een wat ek mee kan saam stem hier is BHIMBGO - Bloody hell, I must be getting old. Want ek kan nie die goed lees nie. Stuur dan eerder nog ‘n sms, wat is 85c tussen pelle?

Leer die skole die kinders om al die goed te onthou of wat?

Niemand lees meer boeke nie en dis seker waar die problem begin. Ek se nie jy moet dat kinders van vandag moet boek lees nie.

Bloot dat jy nie moet worry as ‘n ou nie kan spel nie, hy prober tenminste ‘n effort maak.


Hier is ‘n pic wat ek so tyd terug gekry het, ek dink dit se alles van hoe die land bietjie afdrant begin gaan.

No comments: