Tuesday 31 January 2012

Going Places - Laat wiel

Vandag staan ek weer lunchtyd in die Que om my license vir my bike te hernu. Ek was baie bly om daar aan te kom en te sien ek is 15de in die ry. Natuurlik sal elkeen wat voor my in die ry staan 'n taxi driver wees wat die verkeerde forms gehad het, maar dis nou maar die traffic department vir jou. Te veel mense met pampiere wat niemand regtig weet wat om intevul en watter ry om te staan nie.
In elk geval ek check toe so met my goeie oog en spot so 'n ou postertjie teen die een ruit vasgeplak, met funny putty (press stick vir julle ingelse)
Daar staan toe dat jy hierdie lang ques kan vermy deur op die internet kan betaal en dan pos hulle vir jou die license disc. Ek dink dit was nou vir jou 'n wonderlikke idee.
Maar nou hier is die ding wat ek wonder ,as die Department nou so cool is dat jy op die internet kan betaal, hoekom de hell kan 'n mens in 2012 nogsteeds nie die donderse tellers betaal met jou bank kaart nie, jy moet kontant betaal. Dan se hulle noggals so ewe "ONS ANVAAR CHEQUES" Wie gebruik nog 'n cheque? Check hier.... hulle moet wragtag regkom. Selfs hierdie My city Bus is meer jacked up as die government se traffic department.
So waaroor wil ek nou oorspronklik gepraat het was. Die Going Places - Laat wiel - Siyajikeleza
Wie van julle het al met hierdie bus gery? Stuur my 'n email met 'n storie na lejaun@ovi.com dan sit ek dit hier op die blog. Dit kan goed wees of stink. Ek kan eerlik se dat hierdie busse seker 'n goeie idee was, maar hoekom het ons nog Golden sparow busse van 1950. Wanneer vasseer hulle uit? Enige iemand 'n idee? Anyway ek het gesien op die kant van die busse se die slogan "Going Places - Laat wiel" ek het gedink Laat wiel beteken "move your ass" so nou weet ek hoekom hierdie ouens so jaag in daardie baan. Ek dink hulle moet ook by die spoed van die verkeer hou m.a.w. 60km/h in 'n 60km/h zone, daai bus spring nou uit sy baan en dan neem hy dalk 4 karre uit. Ek ry mos die ander dag weer 100 in 'n 60zone en hier kom een van daardie busse verby my gejaag in sy eie ou baantjie, weet nie hoekom hulle so haastig is nie. Seker ook een van daardie taxi drivers wat in die traffic department was en nou so bietjie laat is.
L

No comments: