Wednesday 8 February 2012

Toe slat die slak my so in die oog.

Eergister was ek so bietjie uit met my cuzzys vir so paar drinks en ja, hierdie keer het ons, ons gedra. Ons het niks aan die brand gesteek , gesteel of gebreek nie, nie weer nie. Dit was nogals 'n lekker ou plekkie waar ons was, Braza Portugese Restaurant in Canal Walk. Ons het so lekker starter ding gehad daar op die tafel met slakke ,hoender lewertjies en ander porra goed wat lekker is. Ek het toe natuurlik van die lekker slakke geeet en kort nadat ek by die huis kom het ek gelyk asof iemand alby my oge toe gemoker het. Keel en neus toegeswel. Moer... of moet ek eerder se ....toe moer die slak my. Lyk my ek is nou allergies vir Groen Doritos en Slakke. Weet jy, die lewe is darm snaaks. Een oomblik dink jy jy is baie sterk en die ander oomblik remind 'n ou slakkie hoe fragile die ou lewe eintlik kan wees. O, ja ek moet seker se dat ek ok is, duh. Anders sou ek nie nou geblog het nie. Moral of the story is. Eet wat jy wil, doen wat jy wil want more is jy dalk nogsteeds net wie jy is, net so bietjie meer opgekrok, maar at least het jy iets nuuts probeer.
L

No comments: