Tuesday 31 January 2012

Going Places - Laat wiel

Vandag staan ek weer lunchtyd in die Que om my license vir my bike te hernu. Ek was baie bly om daar aan te kom en te sien ek is 15de in die ry. Natuurlik sal elkeen wat voor my in die ry staan 'n taxi driver wees wat die verkeerde forms gehad het, maar dis nou maar die traffic department vir jou. Te veel mense met pampiere wat niemand regtig weet wat om intevul en watter ry om te staan nie.
In elk geval ek check toe so met my goeie oog en spot so 'n ou postertjie teen die een ruit vasgeplak, met funny putty (press stick vir julle ingelse)
Daar staan toe dat jy hierdie lang ques kan vermy deur op die internet kan betaal en dan pos hulle vir jou die license disc. Ek dink dit was nou vir jou 'n wonderlikke idee.
Maar nou hier is die ding wat ek wonder ,as die Department nou so cool is dat jy op die internet kan betaal, hoekom de hell kan 'n mens in 2012 nogsteeds nie die donderse tellers betaal met jou bank kaart nie, jy moet kontant betaal. Dan se hulle noggals so ewe "ONS ANVAAR CHEQUES" Wie gebruik nog 'n cheque? Check hier.... hulle moet wragtag regkom. Selfs hierdie My city Bus is meer jacked up as die government se traffic department.
So waaroor wil ek nou oorspronklik gepraat het was. Die Going Places - Laat wiel - Siyajikeleza
Wie van julle het al met hierdie bus gery? Stuur my 'n email met 'n storie na lejaun@ovi.com dan sit ek dit hier op die blog. Dit kan goed wees of stink. Ek kan eerlik se dat hierdie busse seker 'n goeie idee was, maar hoekom het ons nog Golden sparow busse van 1950. Wanneer vasseer hulle uit? Enige iemand 'n idee? Anyway ek het gesien op die kant van die busse se die slogan "Going Places - Laat wiel" ek het gedink Laat wiel beteken "move your ass" so nou weet ek hoekom hierdie ouens so jaag in daardie baan. Ek dink hulle moet ook by die spoed van die verkeer hou m.a.w. 60km/h in 'n 60km/h zone, daai bus spring nou uit sy baan en dan neem hy dalk 4 karre uit. Ek ry mos die ander dag weer 100 in 'n 60zone en hier kom een van daardie busse verby my gejaag in sy eie ou baantjie, weet nie hoekom hulle so haastig is nie. Seker ook een van daardie taxi drivers wat in die traffic department was en nou so bietjie laat is.
L

Friday 27 January 2012

Thursday 26 January 2012

Die Apie onder die tafel in Edgars

Nou die dag stap ek daar in Bayside mall opsoek na 'n lekker ou swembroekkie vir my kind..
Nee regtig vir my kind, nie hos ma se kinnes nie.
Ek vra toe vir so ou sales assistant wat daar aan die een kant staan en grawe vir goud. "Hi, het jy iets gevind of kan jy dalk vir my se waar die afdeling vir kinder swembroeke is?"
Sy mompel toe so daar iets onderdeur wat vir my geklink het dat sy net 'n security is en nie weet waar die goed in die winkel is nie.
Vir wat het sy dan die verkeerde uniform aan? Sy lyk soos sale staff.
Ek stap toe maar rond en gaan kyk daar by die vroue goed, want dis seker waar die kinder swembroekke kan wees, as dit nerens anders is nie.
Hier stap ek toe so mooi verby 'n tafel toe iets my hier aan die broeknaat trek. Ek skrik toe eers en to kykek om en af, tot my skok was dit toe 'n apie onder die tafel ,in Edgars.
Ek het so 'n ou fototjie hieronder vir julle van die dingetjie. So soet, lyk my die security hou hom seker maar company.
En by the looks voer hy hom ook seker, moet net nie vra wat nie.

Tuesday 24 January 2012

Spelling in di nuwe souf aphrika

Hierdie topic handel nie net oor die disleksiese en illiterate graat 7 kanidate in vandag se hoorskole nie. Maar ook die konstante frustration wat die “ou mense” (almal bo 16) het wanneer dit kom by komminikasie met hierdie jong klomp. Waarvan praat ek? Dis dood eenvoudig.

Spelling Speling spel…SPL

Laat ek begin aan die begin…My hele skool loopbaan is ek geshort-change met punte in skrif en spelling. ‘n Half punt hier en ‘n half punt daar. Jong aan die einde van ‘n opstel het ek altyd meer rooi lyne as woorde op my bladsy gehad . Dit was al amper so erg dat ek seker was hulle moes op ‘n punt kom waar hulle net MOES ophou tel het, anders het ek punte vir hulle begin geskuld. Iets soos minus 50 uit 300.

Ek het ongelukkig baie laat in my skool loopbaan agtergekom dat hoe minder ek skryf, hoe meer punte kry ek so, daar het jy dit.

Bislekseis disleksies …

Vandag is alles gelink aan die nuutste tegnologie om almal te help om alles wat hulle aanpak te help om dit korrek te doen. Van die kleinste ding tot die grootste woorde, solank as wat dit in die English is.
Ek dink dit is waar ek net eenvoudig besluit het dat “SPELLING IS VIR DIE WAT OMGEE”. Spelling is al lank al nie meer belangrik nie, met al hierdie spellcheck wat amper elke word kan voltooi nog voor jy dit klaar getik het. (Predictive text) jaja, ek is nog nie so oud nie, maar try julle bietjie in die moedertaal tik.

Verder het ek ook besluit dat as ‘n Xhosa sprekende LP nie engels kan spel nie, hoekom hoef ek? So f** dit. Ek dink in elk geval dit se niks van wat jy kan doen in die lewe nie. As ek op ‘n eiland sit ,help dit net mooi niks wie kan spel of nie, net wie kan vuur maak en wie is mooi, want hulle sal die langste op die eiland bly.

Nou hier is waar die lewe interesant raak, waar die wat nie kan spel nie voordeel trek. Wie van julle val ook bietjie uit die bus as julle nie UTD is met die acronyms nie?
En dit stop nie by ASAP of BFF nie, nee, ek praat van as jy ‘n sms ontvang van iemand en dis net AFAIK IMHO ROTFL @TEOTD BDBI5M


Die een wat ek mee kan saam stem hier is BHIMBGO - Bloody hell, I must be getting old. Want ek kan nie die goed lees nie. Stuur dan eerder nog ‘n sms, wat is 85c tussen pelle?

Leer die skole die kinders om al die goed te onthou of wat?

Niemand lees meer boeke nie en dis seker waar die problem begin. Ek se nie jy moet dat kinders van vandag moet boek lees nie.

Bloot dat jy nie moet worry as ‘n ou nie kan spel nie, hy prober tenminste ‘n effort maak.


Hier is ‘n pic wat ek so tyd terug gekry het, ek dink dit se alles van hoe die land bietjie afdrant begin gaan.

Monday 23 January 2012

Shopping in die toy isle

Jong, ek het nou darm al baie dinge in my lewe gesien, maar wat vir my nogsteeds die meeste puzzle is dat ons vandag se kinders nogsteeds bloodstel aan die selfde speelgoed wat ons gehad het in 1910. Vandag is natuurlik heel anders met die Ben 10 in plaas van He-Man & My little pony is nou Pokemon of Boukakin of Gagukan of iets soos dit. Ek onthou toe Ninja Turtles dit op die voorblad gemaak het van die Rapport. “Evil skilpaaie van hel”

Nou om terug te kom na wat ek gesien het.Baie van julle en julle ouers sal dit seker ook onthou, nie net omdat hulle dit ten 2 one gekoop het vir julle nie,maar omdat hulle dit ook moontlik gehad het as kinders.

#1 op my lys is die “Cupie Pop”

Ek kan onthou my ma het een gehad daar in haar kas, seker nogsteeds daar, life size baba pop met ‘n huge kop en so krul op die kop. Ek dink niemand het dit 40 jaar terug verstaan nie en niemand verstaan dit vandag nie.

Maar hier is die catch…. Hulle verkoop dit nogsteeds.

WTF








#2 Justin Bieber pop.

Ek verstaan nie hoekom daar so hype oor hierdie outjie is nie. Wie idolize ‘n 12 jaar oude seuntjie wat se stem nog nie gebreuk het nie? Seker net 11 jarige dogtertjies wat hierdie speeding sal wil he.

Of ‘n 16jarige deurmekaar laaitjie van boksburg.









#3 Die swart Barbie…

Nee ,jy verstaan nie, laat ek weer se.

Die BEE Barbie.
My niggies het so baie Barbies gehad toe hulle klein was, van die witste Cinderella tot die mees getande Hawaii Barbie, Maar vandag kry jy vir “Grace”
Sy is ‘n classy jong swart dame met ‘n outfit wat by enige BEE company ‘n werk sal kan kry. Kompleet met Make-up en ‘n lekker groot sak.
Natuurlik het die Barbie maatskappy nou nie dit erken as ‘n Barbie nie en is die rights verkoop aan ‘n ander maatskappy wat meestal Justin Bieber poppe maak.






#4 Robot Commander

My broer het hierdie speeding 17jaar gelede gekry vir sy verjaarsdag en net soos ‘n VW City Golf is die enigste ding wat ge-upgrade het …

Die battery.










#5 Zip Master
Hierdie is seker die coolste speeding wat destyds gemaak was. Hierdie motorbikes het daardie plastiek toutjie gehad wat jy indruk en vinnig uit trek ,dan ry hy met ‘n moerse spoed oor jou ma se voet net voor die kat ‘n blertsie op die mat los van bomskok.
Ek dink dit was destyds 15c, vandag is dit R15.
Nogsteeds ‘n baie goedkoop speeding vir jou kinders as jy nie wil R150 betaal vir ‘n robot tool wat dieselfde doe
n nie.






#6 TV Games

Super Mario Bros en Tennis come to mind.
Maar wat dink jy gaan jou laaitie vir jou se as jy by die huis aan kom met enige iets ouer as ‘n PS2?

Hier is bietjie advice.
Moenie cheapskate wees nie! Jou laaitie gaan dink julle is arm en hy sal al sy maaitjies vertel sy pa is K** te sleg om vir jou ‘n PS3 te koop.




#7 ‘n Visvang net.

Ons het elke Desember by my ouma in die kaap gaan kuier en my ma en pa het vir ons elke keer een van hierdie nette gekoop. Natuurlik was alles back in the day beter quality gewees en dit het klaar net vir so 3 dae gehou voor dit uit mekaar geval het, dan moet ma maar nog een gaan koop.

Ek dink vandag sin sal seker in die kar breek oppad see toe.

Friday 20 January 2012

Long time noooooo Sea!



Hi Almal, soos julle kan sien was dit so 4 jaar gelede wat ek hierdie blog geupdate het en Brad wat saam met my werk het sy Blog begin en ek het dink ek moet seker maar myne update. So gaan check dit uit ,dit is nogals cool. http://itslife-beerad.blogspot.com/

Verder vandat ek laas iets op die blog gesit het ,het baie verander, maar ek is seker dat meeste van julle wat in close contact met my is presies weet wat aangaan in my lewe.

In hierdie Blog gaan ek probeer om ,nie soos Brad te wees en praat oor elke dag se lewe in Kaapstad nie, maar eerder in my gebroke dislekseise illiterattttte bar afrikaans my opine en weergawe van dinge in my lewe te deel. Sien al hierdie Facebook, twitter en social networking is ok, maar wie weet regtig van wat aangaan in die lewe van hulle "3000+ friends" op Facebook.

Nee my lewe is nie so interesant nie, maar miskien kan ek julle lewe verryk met 'n paar dinge of inspireer julle dalk om van julle gatte af op te staan en die lewe te geniet. Want die lewe is awesome!

So kyk asb so once in a week op my blog, wat aangaan in my wereld en wat interesant was vir my.

L